VAN SUID-AFRIKANERS IN PROVENCE

Publié le par gégé

 

IMG 1472 -Large-

"Ek het hier gebly saam met my Pa vir 8 dae in September 2010 en het n ongelooflike tyd gehad. Die kamers was baie skoon en netjies en het n lieflike provinsiale atmosfeer. Die kombuis het n twee plaat stoof gehad wat genoeg was vir ons doeleindes.

Die atmosfeer en die omliggende omgewing is baie baie mooi, as jy in n stil omgewing will bly is hierdie die plek vir jou. Die huis is tien minute vanaf Aix-en-Provence so maklike toegang tot die dorp en ideal vir dag ritte na Marseille, Avignon, Cassis etc. Ons het n kar gehad so geen vervoer probleme nie maar daar is ook n bus stop twee minute vanaf die huis.

 
Ons gasheer Gerard is baie trots op sy huis en sal graag advies gee oor wat om te gaan sien en wanneer die beste tyd is om na die talle verskillende klein dorpies in die area te gaan.

Ek moet ook die ontbyt noem wat Gerard elke oggend voortsit want dit is eenvoudig ongelooflik of soos my Pa dit noem “Fantastico” en dit is sien die foto op tripadvisor.

 
As jy van voetslaan hou is daar die pragtige St Victoire wat uitsonderlike uitsigte van bo lewer. Picasso het ook hierdie berg geskilder en sy huis is ook naby. Kuns en Kultuur is n groot deel van hierdie area se geskiedenis.

 
Ek het al klaar La Charlotte aanbeveel vir vriende en familie. Die omliggende area het alles wat n mens voor kan vra natuurskoon, winkels, restoerante, dag roetes en nog meer.

 

Ek hoop om volgende jaar weer besoek aft e lewer."

IMG 1473 -Large-
 

 

Pour être informé des derniers articles, inscrivez vous :